Tuesday 17 September 2013

TACOS MET GENADE




TACOS MET GENADE

JY BENODIG
SALSA: (MAAK 1 DAG OF ‘N PAAR URE VOORAF)
2 koppies ryp tamaties, gekap
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 eetlepel italiaanse pietersielie, gekap
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel olyfolie
knippie fyn komyn
METODE
Meng saam, bedek en hou in yskas tot benodig.
TORTILLAS:
JY BENODIG
1 eetlepel druwepitolie
1 rooiui, in dun repies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in skywe gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in skywe gesny
1 ryp avokado, in skyfies gesny
bossie vars koljander
12 tortillas
METODE
Verhit olie in pan. Braai ui en soetrissies oor medium hitte tot al dente. Verhit tortillas in oond. Vul met uie en soetrissies, avokado en salsa. Garneer met koljander.