Tuesday 17 September 2013

HEUNING & NAARTJIE “FACELIFT” & SOUT LYFSKROP



HEUNING & NAARTJIE “FACELIFT”

JY BENODIG
1 stuk lemoen / naartjie
1 teelepel heuning
1 druppel laventelolie
METODE
Vryf die naartjie oor jou hele gesig. Die vrugtesuur is reinigend en versag fyn lyntjies. Verwyder sap met klam spons. Meng heuning en laventelolie aan gesig. Los vir 10 minute en spoel af met warm water. Volg met gesigroom.

SOUT LYFSKROP

JY BENODIG
13 teelepels seesout
300ml natuurlike olie van jou keuse (soos druiwepit, olyf of amandel)
METODE
Meng en vryf oor hele lyf in sirkelbewegings. Vermy gesig, nek en borsarea (die skrop is te grof vir die delikate areas). Stort warm en sit jou gunsteling lyfroom aan.