Tuesday 17 September 2013

BRUINRYS-PILAF



BRUINRYS-PILAF

JY BENODIG
1 koppie bruinrys
½ koppie wilderys
1 koppie groente-aftreksel
1 blikkie gekapte tamaties
1 ui, grofgekap
1 eetlepel druiwepitolie
knippie sout
1 klein rooirissie, saadjies verwyder
1 koppie ertjies
2 koppies jong spinasie
grofgemaalde swartpeper
vars pietersielie, gebreek
METODE
Gooi rys in kastrol en bedek met water. Gooi aftreksel by. Kook oor medium hitte totdat rys byna gaar is (voeg bietjies water by soos nodig). Voeg tamatie, rissie, ui, olie en sout by en kook tot rys gaar is. Verwyder van hitte en roer ertjies en spinasie by. Geur met swartpeper en strooi pietersielie oor. Bedien in bakkies.