Thursday 5 September 2013

Risotto in 'n drukkoker




Risotto in 'n drukkoker
Die sukses van die dis hang af van die verhouding van die rys tot die vloeistof.
Dit is altyd 1 koppie rys en 2 koppies vloeistof.
Bestanddele
75g botter
 1 ui, gekap
 2 knoffeltoontjies, gekap
 2 preie, gekap
 1 teelepel tiemie
 1 koppie Arborio-rys
 2 koppies groente-aftreksel (verkieslik tuidgemaak)
 8 songedroogte tamaties
 50g Mascarponekaas
 50g Parmesaankaas
 1 eetlepel pietersielie

Metode
Smelt botter in drukkoker en braai ui, knoffel, preie, tamaties en tiemie daarin vir 3 minute,
 Voeg die rys by.
 Roer goed en maak seker dit word bedek deur die botter - dit kry so n pêrelagtige voorkoms.
 Voeg die aftreksel by.
 Sit deksel op en sit oondplaat op hoog.
 Laat dit slegs vir 7 op die plaat sodra dit begin kook.
 Koel dadelik af. (As jy n outydse drukkoker het, plaas dit onder koue water)
 Haal deksel af en roer die kase en pietersielie in.
 Bedien dadelik.