Thursday 5 September 2013

MIELIEKOEKIES




MIELIEKOEKIES: [RSG]
deur Heleen Meyer.
Menige kind is gaande oor ’n mieliekoekie en dis ’n wonderlike ete, bygereg of peuselhappie. Dis vinnig om te maak, so maak sommer dubbel, want dis ’n lekker happie vir ’n kosblik.
BESTANDDELE:
1 x 420g blik geroomde suikermielies...
140g (250 ml) bruismeel
5 ml bakpoeier
2 eiers
100 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
125ml fyngerasperde Cheddarkaas
45ml olyfolie om te braai
METODE:
Plaas die suikermielies in ’n groot glasbak en sif die droë bestanddele bo-oor.
Roer die eiers en melk by en meng deeglik.
Geur na smaak en roer die kaas by. Dit is ’n redelike loperige beslag.
Verhit ’n braaipan oor matige hitte, voeg 10-15 ml van die olie by en laat dit warm word.
Skep lepelsvol beslag op die bodem en braai tot borrels bo-op vorm.
Draai om en braai tot goudbruin en gaar.
Dreineer op kombuispapier en hou warm.
Herhaal met die orige beslag en voeg nog olie by soos nodig.
Moenie die koekies te groot maak of te veel olie gebruik nie.
Sit voor as ’n ete met ’n slaai, as peuselhappie of bygereg met worsies, frikkadelle of hoender.
Wenke:
Vervang bruismeel met semelryke bruismeel en voeg ’n bietjie ekstra melk by, indien nodig.
Roer 100ml fyngekapte ham, salami, gaar spek of gedreineerde tuna by beslag.
Roer 30 ml gekapte vars of 5 ml gedroogde gemengde kruie of tiemie by die beslag.