Tuesday 10 September 2013

Mrs Beeton's One-Stage Fruit Cake




Wessels Van Vuuren

Hier is hy:
Mrs Beeton's One-Stage Fruit Cake
225g Bruismeel
5ml Gemengde Speserye
100g Sagte Margarien
100g Glanskersies, gekap
100g Korente
75g Sultanas
25g Gemengde Skil


100g Sagte Bruinsuiker
2 Eiers
75ml Melk

Voorverhit oond tot 180°C
Smeer 'n 7"/18cm ronde koekpan
Meng meel, speserye en vrugte.
Gooi al die bestanddele nou saam in 'n mengbak en meng tot glad. So 2-3 minute met die hand, so minuut en 'n half met die elektriese menger. (Hier het ek effens verneuk en eers die botter, suiker, melk en eiers bietjie geklits en toe die meel/vrugtemengsel ingegooi, was bang vir drama)
Skep in die koekpan en bak so uur tot uur en 'n half.
Koel af op draadrak.

Nee, ek het het glad niks om die kante gehad nie, sit maar altyd 'n waspapiersirkel onder, jy kan seker teen die kante ook sou jy wou. Ek het 'n waaieroond so dit was net onder 'n uur by 160°C. Wat die meng betref het ek die meel, speserye en vrugte saam geroer tot al die vrugte mooi bedek was (keer glo dat dit afsak). Toe die eiers, suiker, melk en botter saamgegooi in die Kenwood tot dit mooi gemeng het, hom toe afgedraai na sy stadigste spoed en die meel/vrugte bygegooi en gemeng tot alles mooi glad was. Toe hy uit die oond kom het ek so bietjie gemmerwyn oor gesprinkel, want ek het hom die volgende dag al vir die skou nodig gehad, so ek kon hom nie weke lank dokter nie.

jy maak jou eie mengsel met die kersies, skil, sultanas en korente (currants)