Tuesday 10 September 2013

Geroosterde groente en feta-frikkadelle




Geroosterde groente en feta-frikkadelle


Blikkieskos kan as ’n veelsydige bestanddeel in geregte gebruik word met ’n heerlike eindresultaat. Geniet hierdie Geroosterde groente en feta-frikkadelle-resep.

 Genoeg vir 4
Tyd: 55 minute

BESTANDELE
60 ml olyf- of avokado-olie
3 snye volgraanbrood
80 ml melk

750 g beesmaalvleis
hand vol basiliekruidblare, gekap, plus ekstra
½ klein ui, fyngekap
1 eier
125 ml fetakaas, gekrummel
45 ml blatjang
1 kg braaigroente, happiegrootte gekap
2 x 410 g blik gekapte tamaties

METODE
1 Verhit die oond tot 220°C. Verhit die olie in ’n 30 cm-oondpan.
2 Week die brood in die melk en maak fyn met ’n vurk. Meng die maalvleis, basiliekruid, ui, eier, kaas en blatjang in. Geur en vorm frikkadelle van 4 cm deursnee.
3 Plaas die frikkadelle en groente versigtig in die warm oondpan en bak 30 minute of tot goudbruin. Draai om en voeg die tamaties by. Geur en bak nog ongeveer 10 minute tot gaar.
4 Sprinkel basiliekruid oor en sit voor.