Tuesday 10 September 2013

Sjokolade Sponskoek

 
 

Dianne Ten Haaf

Sponskoek resep soos gevra: 

BESTANDDELE: 3 eiers geskei, 250ml strooisuiker, 5ml vanilla essence, 60ml kookolie, 125ml warm water, 10ml bakpoeier, 250ml meel

METODE: Klits die eiergele saam met die strooisuiker en vanilla, gooi kookolie en direk daarna warm water by en klits goed. Voeg by gesifte bakpoeier en meel. Dit werk goed om die meel 1/4 koppie op 'n slag by te gooi en goed te klits. Die geheim van sponskoek is, dit moet gedurig geklits word. Bak teen 180 Grade vir 30 minute. Indien jy sjokolade koek verlang, meng jou 60ml cocoa met die warm water voor jy dit byvoeg. Die resep werk ook goed vir "cupcakes", bak teen 180 grade vir so 10 minute