Wednesday 11 September 2013

MIKROGOLF Kersfeeskoek




Linda Bezuidenhout

MIKROGOLF Kersfeeskoek

500 gram pakkie koekmengsel
250 gram glans-vrugte koekmengsel met heel kersies
250 gram Dadels

200 gram Bruinsuiker
130 gram Margarien
250 ml Swart tee of koffie
5 ml Koeksoda



240 gram Koekmeel
3 ml Bakpoeier
2 ml Wonderpeper
2 ml Gemmer
1 ml Sout
2 Eiers geklits
25 ml Brandewyn
75 gram Gesnyde kersies
75 gram Gesnyde Neute

Diep glasbak ongeveer 180 mm in deursnee - smeer liggies.
Voer bodem met waspapier.
Kook vrugtemengsel, dadels, botter, suiker en tee/koffie saam vir 5 minute.
Roer een keer om suiker op te los en voorkom brand.
Voeg koeksoda by warm mengsel en laat afkoel.
Voeg geklopre eiers en brandewyn by.
Voeg gesifte droe bestandele asook neute en kersies by.
Bedek bak met papierhanddoek of waspapier en bak vir 35 minute op MEDIUM LAAG.
Haal uit oond en laat staan vir 15 minute. Gooi uit op koelrak en laat afkoel.
Volgende dag nog so half koppie brandewyn oor.
As brandewyn ingetrek het na paar uur - draai toe in foelie en sit in digte houer.
Kan, indien so verkes, na week een en twee weer bietjie brandewyn oorgooi.

Ek sny foelie dieselfde breedte as buitekant van bak en maak met tou om die buiterand van bak vas.
Dit voorkom brand.
Ek verkies ook om die koek te bak in ringbak of ronde bak met glas in die middle.

(Naomi le Roux: Die foil se blink kant moet net na die bak se kant toe wys en nie na die buitekant van die bak nie... anders gaan dit vonke maak.)