Wednesday, 11 September 2013
MEDITERREENSE VRIENDSKAPSMAAL
MEDITERREENSE VRIENDSKAPSMAAL
JY BENODIG
4 eetlepels druiwepitolie
800g vars heel sardiens, skoongemaak en koppe verwyder
2 eiervrugte, in ringe gesny
1 rooi soetrissie, saadjies verwyder en in repe gesny
1 groen soetrissie, saadjies verwyder en repe gesny
1 koppie swart olywe, ontpit
250g jong tamaties, gekneus
1 rooiui, in ringe gesny
sap van 1 suurlemoen
seesout
grofgemaalde swartpeper
‘n handvol vars italiaanse pietersielie
METODE
Verhit 2 eetlepels druiwepitolie in pan. Braai eiervrugte tot begin verbruin, verwyder uit pan en skep in oondbak. Braai soetrissie en knoffel tot al dente, verwyder uit pan en skep in oondbak. Skep olywe en tamaties oor. Drup suurlemoensap oor. Rangskik sardiens bo-op en drup die res van die olie oor. Bak in oond teen 190˚c vir 15 minute. Geur groente liggies met sout indien nodig. Geur met swartpeper. Garneer met pietersielie. Bedien met gebreekte italiaanse brood.