Wednesday 11 September 2013

LANK LEEF SLAAI




LANK LEEF SLAAI

JY BENODIG
1 koppie quinoa
1 koppie water
1 koppie groente-atreksel
2 koppies spinasie, gekap
1 koppie keker-ertjies
1 koppie jong tamaties, gehalveer
½ koppie rooiui, gekap
½ koppie kalamata-olywe, ontpit
1 eetlepel vars basilie, gekap
1 eetlepel vars pietersielie, gekap
1 eetlepel vars oreganum
¼ koppie gemengde geroosterde sade
5 eetlepels olyfolie
5 eetlepels rooiwynasyn
1 teelepel franse mosterd
growwe seesout
grofgemaalde swartpeper
METODE
Plaas quinoa, water en aftreksel in kastrol. Kook oor medium hitte totdat alle vloeistof geabsorbeer is en laat dan afkoel. Klits olyfolie, asyn en mosterd saam en geur met sout en peper. Skep quinoa in ‘n groot bak. Meng met spinasie, keker-ertjies, tamaties, ui, olywe, kruie en sade. Roer slaaisous by.