Tuesday 10 September 2013

LAEVET-HOENDERKORMA





LAEVET-HOENDERKORMA

10ml kanola-olie
1 ui gesny
2 knoffelhuisies fyngedruk
5cm-stuk vars gemmer gerasper
5ml fyn koljander
5ml komyn
5ml borrie
5ml garam masala
125ml hoenderaftreksel
1 groot patat geskil en in blokkies gesny
200ml laevet-ingedampte melk
5ml mielieblom
6 hoenderborsfilette in blokkies gesny
25ml sesamsaad
Vars koljander
50ml amandelsplinters, liggies gerooster

 Verhit die olie in ‘n kastrol en gooi dan die ui, knoffel en gemmer daarin.  Soteer dit tot sag.  Voeg die speserye by en roer dit goed voordat jy die aftreksel bygooi.  Voeg nou die patatblokkies by en laat die mengsel prut vir 20 minute of totdat die patat sagggekook is.

Roer ‘n bietjie van die ingedampte melk by die mielieblom en roer dit dan by die res van die ingedampte melk.  Gooi dit in die kastrol en verhit die mengsel tot kookpunt.  Voeg die hoenderblokkies by en laat dit prut vir 5 minute of tot deurgaar.  Roer dit liggies.

 Voeg die sesamsaad en vars koljanderblare by en geur dit na smaak.  Sprinkel die amanderlsplinters bo-oor en sit die gereg voor met bruinrys of gort.