Gebakte appelpoeding
6-8 porsies125 ml (½ k) suiker
30 ml (2 e) botter
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
60 ml (¼ k) melk
1 x 385 g-blik tertappels
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) suiker
‘n knippie sout
gemaalde kaneel om oor te strooi
1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n 2,5 liter
poedingbak met botter.
2. Klits die suiker, botter, eiers en vanieljegeursel
deeglik saam. Sif die droë bestanddele saam en klits dit om die beurt met die
melk by die eiermengsel.
3. Giet die beslag in die poedingbak en rangskik die
appels eweredig bo-op. Bak dit 20-30 minute of tot goudbruin en gaar.
4. Sous: Verhit intussen die sousbestanddele oor matige
hitte en roer tot die suiker opgelos het. Prut 10-15 minute of tot die sous net
begin karamelliseer.
5. Prik die warm poeding oraloor met ‘n vurk en giet
die warm sous dadelik oor. Strooi die kaneel oor en sit dit warm of teen
kamertemperatuur voor.
* Hierdie poeding kan maklik in oondvaste koppies of
individuele bakkies gebak word.
* Dit kan ook as ‘n tert voorgesit word.
* Vervang die appels met ‘n blik gemengde vrugte en
voeg dan 125 ml (½ k) klapper by die sous