Wednesday, 11 September 2013
KANEEL KOLWYNTJIES
KANEEL KOLWYNTJIES
JY BENODIG
1 koppie bruismeel
½ koppie hawermout
2 teelepels fyn kaneel
1 ½ koppie suiker
2 eiers
3 koppies gaar soetpatats, fyngemaak
1 koppie druiwepitolie
METODE
Meng meel, suiker en kaneel. Klits eiers in ’n ander mengbak, klits patat en olie by. Meng by droë bestanddele. Skep in 12 medium gesmeerde muffinpanne. Bak in oond teen 180˚c vir 15 minute. Laat afkoel en verwyder uit panne. Versier (indien verkies) net voor opdieni.
KANEEL VERSIERSEL
JY BENODIG
1 koppie roomkaas, teen kamertemperatuur
¼ koppie sagte botter
½ koppie versiersuiker
1 teelepel vanielje-ekstrak
1 teelepel fyn kaneel
METODE
Meng roomkaas en botter tot glad. Meng suiker by. Meng vanielje-ekstrak en kaneel by. Bedek en plaas in yskas tot nodig.