Wednesday 11 September 2013

ALKOHOLVRYE SANGRIA



ALKOHOLVRYE SANGRIA

JY BENODIG
1 liter hanepoot of rooi druiwesap – koud
250ml bottel pruimsap – koud
1 teelepel fyn kaneel
1-2cm stuk vars gemmer, fyngerasper
1 lemoen – koud
1 suurlemoen – koud
500ml – 1 liter spankelende water
METODE
Plaas die speserye in ‘n 2 – 3 liter glasbak. Voeg die skil en sap van die lemoen en suurlemoen by. Roer deeglik totdat die kaneel oplos. Voeg die druiwesap en pruimsap by en laaste die water. Voeg ys by indien verlang.