Thursday 5 September 2013

Grenadellakoek met krummelkors




Grenadellakoek met krummelkors

Genoeg vir 6 mense.
Bereiding: 10 minute
Baktyd: 40 minute...

Kors
30 ml (2 e) strooisuiker
125 ml (½ k) meel
40 g botter
50 g neutsplinters
skil van 1 lemoen

Koek
375 ml (1½ k) versiersuiker
125 ml (½ k) meel
5 ml (1 t) fyn kaneel
100 g gemaalde neute
185 g botter, gesmelt
6 eierwitte
2 x 115 g grenadellamoes
15 ml (1 e) strooisuiker

1. Kors Meng die suiker en die meel deeglik. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Meng die neutsplinters en lemoenskil by.
2. Voorverhit oond tot 180 ⁰C. Smeer ’n vierkantige koekplaat met olie en voer uit met bakpapier. Koek Sif die suiker, meel, kaneel en neute in ’n bak.
3. Roer die botter en eierwitte in tot goed gemeng. Skep die beslag in ’n pan, strooi die helfte van krummels oor, dan die grenadellamoes en dan weer krummels. Strooi laastens die suiker oor en bak 40 minute of tot gaar.