Thursday 5 September 2013

GOURMET BEESBURGER




GOURMET BEESBURGER: [TOKS EN TJOPS]
BESTANDDELE:
6 PnP gourmet bees burgers
6 hamburger broodrolletjies
PnP bloukaas slaaisous...
PnP perske blatjang
Blaarslaai, in repe gesny
Vars roketblare
2 groot tamaties, in skywe gesny
1 groot rooi ui, in ringe gesny en uitgedruk
METODE:
Berei ‘n direkte vuur voor.
Sny die broodrolletjies middle deur en smeer beide kante met bloukaas sous.
Braai die bees patties tot gaar en verwyder van die rooster.
Smeer patties liggies met blatjang.
Plaas blaarslaai en roketblare aan onderkant van broodrolletjie, plaas dan die pattie bo op, bedek met tamatie, nog roketblare en uie ringe.
Plaas nou die boonste helfte van broodrolletjie op en geniet.
WENKE:
Vir n variasie as bloukaas sous nie jou eerste keuse is nie vervang met sous van jou keuse.
Vir kaasburger kan repies kaas bo-op bees burger gesit word sodra dit omgedraai is, braai vir die laaste 3 minute.
Vir ‘n vegetariese opsie kan bees pattie met vegetariese pattie vervang word.