Thursday, 5 September 2013

GOUE BLOMKOOL




GOUE BLOMKOOL

JY BENODIG
2 eetlepels druiwepitolie
500g blomkool
1 knoffelhuisie, gekap
1 lourierblaar
1 kaneelstokkie
4 naeltjies
1 teelepel kardemom-sade
1 teelepel borrie
½ koppie water
METODE
Verhit druiwepitolie in ‘n pan. Voeg knoffel, lourierblaar, kaneelstokkie, naeltjies, kardemom-sade en borrie by. Voeg blomkool by en roer. Voeg water by en laat blomkool kook tot gaar, maar nie pap nie. Verwyder lourierblaar, kaneelstokkie, naeltjies en kardemom-sade. Bedien.