Thursday 5 September 2013

AARTAPPELKOEK MET EIERVRUG



AARTAPPELKOEK MET EIERVRUG

JY BENODIG
2 medium eiervrugte
seesout
3 eetlepels druiwepitolie
8 medium aartappels, geskil
1 eetlepel botter
2 eetlepels druiwepitolie
1 knoffelhuisie, gekap
½ teelepel grofgemaalde swartpeper
2 koppies gedroogde broodkrummels
1 koppie cheddar, gerasper
½ koppie parmesaan kaas, fyngerasper
METODE
Sny eiervrug in dun skywe, sprinkel met sout en laat staan vir 30 minute. Verhit 1 eetlepel olie in ‘n pan en braai eiervrug liggies. Voer medium losboompan met waspapier. Verhit botter, olie, knoffel en peper. Sny aartappels in dun skywe en pak een lagie op bodem van pan. Verf met gesmelte botter en sprinkel met ‘n bietjie parmesaan kaas en krummels. Herhaal lae (pak een laag eiervrug in die middel van die koek). Eindig met kaas. Bak in oond teen 180˚c vir 1 uur.