Thursday 5 September 2013

FRANSE TORTILLA




FRANSE TORTILLA

JY BENODIG
1 pak skyfies
4 eiers
2 eetlepels botter
2 eetlepels olyfolie
1 eetlepel koljander
1 knoffelhuisie, gekap
½ koppie jong tamaties
METODE
Steek 2 gate in pak skyfies met ‘n skerp mes. Druk skyfies effens fyn in die pak. Breek eiers in ‘n mengbak en klits. Voeg die fyn skyfies by die eiers. Voeg koljander by die eiermengsel en meng deeglik. Verhit 1 eetlepel botter en 1 eetlepel olie in ‘n pan. Plaas eiermengsel in die pan en druk dit effens plat. Plaas 1 eetlepel botter en 1 eetlepel olie in ‘n kastrol en plaas tamaties daarin. Laat tamaties effe braai totdat velletjies gebreek is. Bak eiermengsel (tortilla) in die pan vir 3 minute. Draai tortilla om en bak vir nog 1 minuut. Verwyder tortilla uit die pan en plaas op ‘n bord. Plaas gebraaide jong tamaties bo-op die tortilla.