Thursday, 5 September 2013
WAT-IS-IN-DIE-TUIN TERT
WAT-IS-IN-DIE-TUIN TERT
JY BENODIG
200g elk botterskorsie, aartappel, patat, rooiuie, aspersies
1 eetlepel druiwepitolie
seesout
grofgemaalde swartpeper
1 vel skilferkors- of broskorsdeeg, ontdooi
2 eetlepels rissiekonfyt
1 koppie sterk kaas, gerasper
3 eiers
¼ koppie vars room
¼ koppie melk
1 eetlepel gemengde vars kruie, fyngekap
METODE
Sny groente in blokkies, moenie skil indien skil eetbaar is nie. Plaas groente op oondplaat, bedrup met olie. Bak in oond teen 180˚c vir 40 minute. Verwyder uit oond en geur liggies met sout en peper. Voer tertpan met deeg, prik bodem en smeer met konfyt. Rangskik groente op deeg. Strooi kaas oor. Klits eiers met room en melk, geur liggies met sout en roer kruie by. Gooi oor groente en bak in oond teen 180˚c vir 25 minute of tot goudbruin. Bedien lou of warm as voorgereg of met slaai as hoofgereg.