Friday 13 September 2013

Elna se broccoli bazaar




Elna se broccoli bazaar (Pasta met broccoli en ansjovis)

 

 
Bestanddele
400g skroefie pasta
1 groot kop broccoli, in klein blommetjies gebreek
1 eetlepel olie
1 knoffelhuisie
3 ansjovisfilette

Metode
Kook broccoli en pasta in soutwater.
Verhit olie oor matige hitte in pan.
Voeg 'n gekneusde knoffelhuisie by en ook die ansjovis.
Roer so 5 keer.
Verwyder die knoffelhuisie.
Dreineer die pasta en voeg die ansjovis by die pasta.
Meng goed.