Thursday 5 September 2013

Diabetiese Bederf *Spesery-karringmelkpoeding*




Diabetiese Bederf *Spesery-karringmelkpoeding*
....maar jy gaan net so lekker daaraan smul...

 (8 – 10 porsies)

3 eiergele
250 ml suikerplaasvervanger
2,5 ml sout
15 ml laevet-margarien, gesmelt
1 liter karringmelk
250 ml volgraan-bruismeel
5 eierwitte
5 ml vanielje-ekstrak met sade
Stroop

125 ml suikerplaasvervanger
250 ml water
2 kaneelstokkies
1 vanieljepeul
1 naeltjie
Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n oondvaste bak goed met kleefwerende kossproei. Klits eiergele, suikerplaasvervanger en sout goed saam. Klits margarien by. Klits karringmelk en bruismeel beurtelings by die eiergeelmengsel. Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die karringmelkmengsel in. Roer die vanielje-ekstrak by. Giet in die voorbereide bak en bak sowat 40 minute tot gestol en bruin.

Stroop

Kook al die bestanddele saam tot helfte van volume oorbly. Gooi warm stroop oor poeding sodra dit uit die oond kom. Sit voor met diabetiese roomys of laevet-vla.

Analise

1 porsie - 90 – 110 g

Energie - 504 kJ

Koolhidrate - 14,4 g

Proteïen - 7,3 g

Vet - 3,5 g

Versadigde vet - 1,5 g

Mono-onversadigde vet - 1,3 g

Poli-onversadigde vet - 0,7 g

Vesel - 2g

Glukemieselading(GL) - 8

Opmerkings

Goeie laer-GL poeding sonder te veel vet of koolhidrate. Kan goed inpas in plek van een van jou gewone peuselhappies.