Friday 6 September 2013

Aartappelkaasrol


Aartappelkaasrol...

 
Die lente is hier en ons kan weer begin braai.  Hier is 'n lekker gereg om by braaivleis te maak.
 
700g aartappels (ongeveer 5)                                        
2 eiers
40ml botter of margarien                                               
sout na smaak
350ml meelblom (ongeveer)                                          
5ml bakpoeier
25ml olie                                                                      
2 medium uie, in ringe gesny
500ml cheddarkaas, gerasper                                        
5ml olie
 
Kook die aartappels met skil en al totdat dit gaar is. Trek die skille af. Druk die aartappels fyn. Voeg die eiers, botter of margarien en sout na smaak by die aartappel. Meng dit goed. Voeg die koekmeel en bakpoeier by om ‘n stywe deeg te vorm. Verkoel die deeg 30 minute lank. Verhit die olie en soteer die uieringe daarin totdat dit deurskynend is. Druk die aartappeldeeg in ‘n reghoek van ongeveer 5mm dik op meelbestrooide oppervlak uit. (Dit kan ook uitgerol word). Skep die uie op die deeg en versprei dit egalig. Strooi die kaas bo-oor. Hou ‘n bietjie eenkant. Rol die deeg op soos vir ’n rolkoek en druk die kante vas. Bestryk die rol met die olie. Bak dit ongeveer 30 minute lank by 160C totdat dit gaar is. Strooi die res van die kaas bo-oor en bak die rol verder totdat die kaas gesmelt is. Bedien dit warm. Lewer 4 porsies.