Thursday 5 September 2013

Botterskorsierol




Botterskorsierol
1 pakkie 500g botterskorsie
500ml room
Bruinsuiker
Kaneel
Meel
Skilferdeeg
Botter

Strooi meel op skoon oppervlak en rol deeg tot ‘n dun lagie. Sny deeg in reghoekige vorm. Plaas botterskorsie binne in die verpakking, in die mikrogolf vir ongeveer 12min. Gooi botterskorsie in ‘n bak uit en maak dit fyn. Voeg kaneel by na smaak. Skep die fyn botterskorsie op die deeg en rol dit toe. Maak seker dit word ongeveer 0.5 cm dik gesmeer. Maak die botterskorsierol toe met “glad wrap” en plaas in die vrieskas vir 20 min. Smeer ‘n broodpan deeglik uit met botter en plaas die botterskorsierol binne in sodra dit uit die vrieskas uit kom. Gooi die room saam met die rol in die broodpan en strooi 1 koppie bruinsuiker bo-oor. Bedek die broodpan met tinfoelie. Sit in die oond (210°C) vir 30min en haal dan die tinfoelie af. Los in die oond vir nog 15min. Haal uit en laat afkoel voordat jy dit sny.