Wednesday, 25 September 2013
BLOMKOOL EN BEET KELK
BLOMKOOL EN BEET KELK
JY BENODIG
250g gaar blomkool
250g gaar beet
2 eetlepels roomkaas
1 eetlepel pietersielie, fyngekap
¼ teelepel komyn
1 eetlepel mascarpone
2 eetlepels vars room
¼ teelepel kerriepoeier
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel grasuie, fyngekap
seesout
1 eetlepel sesamsaad, liggies gerooster
ekstra grasuie vir garnering
METODE
Plaas beet, roomkaas, pietersielie en komyn in voedselverwerker. Meng tot puree en plaas in yskas tot benodig. Plaas blomkool, mascarpone, room, kerriepoeier, suurlemoensap en grasuie in voedselverwerker. Meng tot puree. Geur liggies met sout. Verdeel tussen 8 kleinerige glasies. Skep blomkoolpuree bo-op beet mengsel. Garneer met sesamsaad en grasuie. Bedien met dun repies roosterbrood.