Friday 6 September 2013

Veelsydige mikrogolfkoek




Veelsydige mikrogolfkoek

KOEK
2 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) suiker
15 ml (1 e) mayonnaise
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knippie sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) kookwater
1 blikkie (115 g) grenadellamoes
 
VERSIERSEL
100 g (1 plak) wit sjokolade, in blokkies gebreek
25 ml (5 t) grenadellamoes
Voer die boom van ’n mikrogolfringpan uit met kombuispapier

KOEK
Klits die eiers, suiker en mayonnaise goed saam. Sif die droë bestanddele saam en roer dit en die vanieljegeursel by die eiermengsel in. Voeg die kookwater en grenadellamoes by en meng goed. Giet die mengsel in die voorbereide pan en mikrogolf 6-7 minute by hoog of tot die koek net-net begin wegtrek van die kante en terugwip as jy liggies met jou vinger daarop druk. Laat die koek in die pan afkoel en keer uit op ’n koekbord.

VERSIERSEL
Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond en roer die grenadellamoes by. Skep oor die koek. Of net sjokolade.