Thursday 29 August 2013

vanilla sponskoek resep




Dianne Ten Haaf

hier is vir jou 'n vanilla sponskoek resep, kom ook baie lekker uit in cupcakes: 3 eiers geskei, 1 koppie strooisuiker, 5ml vanilla essence, 60ml kookolie, 125ml louwarm water, 10ml bakpoeier, 1 koppie meel. Klits jou eiergele met strooisuiker en vanilla, gooi jou kookolie by en direk daarna warm water, sif bakpoeier en meel en klits by. Geheim is om heeltyd te klits en meel en bakpoeier bietjies op 'n slag by te klits. Klits jou eierwitte styf en voeg by.
Bak op 180 grade vir so 10-15 min. Ek het fanforced so ek bak op 160 grade vir bietjie langer. As jy dit as koek wil gebruik bak op 180 grade vir 30 min, jy kan ook verdubbel vir plaatkoek bak dan vir 'n uur. Hier is ook 'n baie lekker frosting resep kom soos marshmallow smaak uit, jy kan ook soos ek maak, dit pienk kleur met voedselkleursel en 'n doppie strawberry essence bygooi Gooi 1 koppie suiker, 1/3 koppie water en 1/4 telepel cream of tartar in 'n potjie en sit op lae hitte op stoof. Roer gedurig tot jy sien suiker los op en die stroop raak deurskynend. Klits jou eierwitte styf. Gooi dan die warm stroop baie stadig bietjies bietjies by eierwitte terwyl jy klits. Moet net nie stroop te vining op een slag bygooi anders gaan jou eierwitte gaar word. Jy kan dan 5ml vanilla of strawberry essence bygooi. Banana essence is ook lekker. Of jy kan gewone buttercream icing maak en strawberry of banana essence bygooi

Ek het 'n koekpan gehuur vir die rok deel. Ek het een beslag vanilla en een beslag choc aangemaak en van elkeen bietjies op 'n slag in die pan gegooi en dit het self so uitgekom, ek het nie geroer nie. Ek het daai fluffy icing resep gebruik en dik aangesmeer en toe die marshmallows opgesit