Thursday 29 August 2013

PAMPOENPOFFERTJIES IN KARAMELSOUS




PAMPOENPOFFERTJIES IN KARAMELSOUS

Poffertjies
1 k gaar pampoen...
1 k meel
2 t bakpoeier
2 e strooisuiker
1 eier
¼ k melk
knippie sout
canola-olie, vir braai

Karamelsous
¾ k suiker
1 k room
1 t vanieljegeursel
3 e botter
½ k goue stroop

Vir die poffertjies, meng al die bestanddele om ‘n gladde deeg te vorm. Verhit die olie en braai lepelsvol van die beslag tot goudbruin en gaar. Haal uit met ‘n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.

Vir die karamelsous, prut al die bestanddele 10 – 15 minute saam totdat die sous dik en blink is. Giet die sous oor die poffertjies en bedien.