Thursday 29 August 2013

Aangebrande pot




Magda Van Der Merwe
Ria Posthumus - Na aanleiding van my soetwortels wat ek gisteraand op die stoof verkool het (omdat ek net gou 'n draai op fb kom maak het) dreig ek nog heeloggend om my raad vir 'n aangebrande pot met almal te deel. Soos die toeval dit wou he, lees ek van jou episodes met verbrande kos en aangebrande potte. Wel, ek het een jaar op die KKNK vreeslik gesukkel met 'n pappot wat pikswart gebrand was. Na omtrent 'n halfuur het die arme ou kleurlingvrou my jammer gekry en vir my 'n stukkie skuurpapier so groot soos 'n vuurhoudjiedoos gegee en gese ek moet dit gebruik. Dit het my lewe verander. Van daardie dag af het ek altyd 'n stuk skuurpapier (swart) nr 80 of 100 by my skoonmaakmiddels. Dit werk wondere. Ek gebruik dit op stainless steel, aluminium en alles behalwe teflon. Sterkte daarmee.
Carol Pat Smith
ek sit kookwater en n paar eetlepels koeksoda in die kastrol en los oornag dan is daar nie skuurwerk volgende dag nie
Hilda Lourens
Koeksoda, bietjie asyn en dan kook water. So nie die oomblik as begin brand sit pot se bodem in koue water en dit sal verhinder dat smaak of vassit
Sharon Nel
Ek gooi dadelik terwyl pot nog warm is asyn oor, voeg later koeksoda en kookwater by en los tot dit sag is, ek was met skuurpapier en 'n koekie groen sunlight en my potte blink!
Susan Collins
ek gebruik glaspotte so ek weet nie of my raad op aliminium potte werk nie ! as my pot vasbrand gooi ek net 2 proppies jik in my pot laat staan hom oornag en more spoel ek uit en vee die swart aanbrandsels met n lap uit . iemand kan gerus probeer en se of dit met gewone potte werk