Wednesday, 28 August 2013

UITJIES IN ROOIWYN (BEDIEN MET BIEFSTUK-ROERBRAAI)




UITJIES IN ROOIWYN (BEDIEN MET BIEFSTUK-ROERBRAAI)

JY BENODIG
3 eetlepels botter
500g kleinerige uie
2 ½ koppies goeie rooiwyn
1 koppie groente – of hoenderaftreksel
¼ koppie balsamiese asyn
1 teelepel suiker
seesout
grofgemaalde swartpeper
vars kruie van jou keuse
METODE
Verhit botter in kastrol of diep pan. Voeg uie by en laat prut vir 6 minute. Voeg 2 koppies wyn, aftreksel, asyn en suiker by en prut vir 10 minute of tot uie gaar is. Voeg res van wyn by en laat prut vir ‘n paar minute. sous moet nie te donker word nie. Geur met sout en peper. Breek of kap kruie en strooi bo-oor. bedien met repies gebraaide biefstuk.