Wednesday 28 August 2013

KONINGKLIP MET WITWYN EN OLYWE




KONINGKLIP MET WITWYN EN OLYWE

JY BENODIG
1,5kg witvis
2 eetlepels druiwepitolie
1 knoffelhuisie, gekap
½ rooirissie, saadjies verwyder en gekap
skil van ½ suurlemoen
1 koppie witwyn
1 koppie gemengde olywe, ontpit
seesout
grofgemaalde swartpeper
2 eetlepels vars pietersielie, gekap
METODE
Verhit olie in pan. Plaas vis met plat kant na bo in pan, voeg knoffel en rissie by. Braai vir 1 minuut oor hoë hitte. Draai vis om en verlaag hitte. Gooi wyn in pan en voeg olywe by. Strooi skil oor vis. Geur liggies met sout. Laat prut oor medium hitte totdat vis gaar is (ongeveer 10 minute). Plaas vis op opdienbord. Gooi olywe en van die sous oor. Geur met sout, sprinkel met pietersielie en bedien.