Wednesday 21 August 2013

TUISGEMAAKTE NAPOLETANA




TUISGEMAAKTE NAPOLETANA

JY BENODIG
60g botter
60ml olyfolie
6 knoffelhuisies, grofgekap
1 groot ui, fyngekap
4 x 400g geblikte tamaties
7ml sout
vars gemaalde swartpeper
20ml sagte bruinsuiker
400ml water
100ml gemengde vars kruie (oreganum, pietersielie, basilieblare, tiemie)
METODE
Verhit die botter en olyfolie in ‘n kastrol en braai die knoffel en ui vir ‘n paar minute.
Sit die tamaties, sout, peper, suiker en water by en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat prut vir sowat 2 ure.
Roer die vars kruie by en geur na smaak.
Giet die sous in ‘n voedselverwerker en verwerk tot fyn of gebruik ‘n stokmenger.