Wednesday 21 August 2013

GEBRAAIDE PYNAPPEL MET GEKRUIDE BOLAAG




GEBRAAIDE PYNAPPEL MET GEKRUIDE BOLAAG

JY BENODIG
1 eetlepel botter
1 eetlepel water
1 eetlepel bruinsuiker
2 ryp pynappels, geskil en in skywe gesny
½ koppie pekanneute
½ koppie pistastieneute
1 eetlepel druiwepitolie
1 eetlepel heuning
1 eetlepel roosmaryn, fyngekap
1 eetlepel salie, fyngekap
seesout
grofgemaalde swartpeper
METODE
Verhit botter, water en bruinsuiker in ‘n groot pan. Braai pynappel tot dit net begin karamaliseer. Skep in opdienbord. Verhit olie en heuning in ‘n ander pan. Kap neute (nie te fyn nie!). Roerbraai vir 1 tot 2 minute. Roer kruie by en verwyder van hitte. Geur baie liggies met sout en peper en skep oor pynappel.