SOUTKOEKIES VIR BILTONGHAPPIES
250ml (1 k) koekmeelblom
2.5ml (½ t)
sout
1ml (¼ t) peper
'n knippie rooipeper
15ml (1 e ) botter of
margarien
125ml (½ k) gerasperde kaas
Koue yskaswater om deeg aan te
maak
Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF)
Sif droë bestanddele
saam. Vryf botter met vingerpunte in. Voeg gerasperde kaas by en meng tot sagte
deeg.
Rol deeg dun uit op 'n meelbestrooide oppervlak. Druk klein ronde
sirkels uit en prik met 'n vurk.
Bak 7 tot 10 min lank
Gebruik dit as
basis vir die biltonghappies
Fyn Biltong
Plak twee koekies
opmekaar met sagte marmite of bovril botter
Smeer buitekant ook met sagte
botter marmite of bovril botter en bedek met fyn biltong