Tuesday 13 August 2013

Lepelsteeltjies (sout koekies)


Lepelsteeltjies (sout koekies)

275g (500ml) koekmeelblom
2ml sout
1ml bakpoeier
250g (625ml) fyn gerasperde cheddar kaas.
250g botter/margarine
60ml fyn appelkooskonfyt


Sif meel, sout, bakpoeier saam.  Voeg kaas by en meng.  Voeg smeer by en meng tot `n deeg.

Rol okkerneut groot balletjies en plaas dit in die holte van `n kolwyntjie pan.  Druk gaaitjie met
steel van lepel in deeg en sit konfyt in - moet nie gat dwarsdeur druk nie.

Bak koekies sowat 15min in `n voorverhite oond 200°C (400°F).

Laat afkoel.

Bewaar in digte houer.  Voor opdiening kan gaaitjies met nog `n bietjie konfynt gevul word.

Lewer 60 koekies