Wednesday 28 August 2013

Quiche met 'n verskil




Quiche met 'n verskil
(6 porsies)
Vla
•3 eiers
•375 ml vetvrye melk
•5 ml koekmeel (of glutenvrye meel)
•sout en swartpeper na smaak
•knippie neutmuskaat (nutmeg)

Vulsel
•10 ml olyfolie
•1 ui, gekap
•250 g maer spek, gekap
•2 aartappels, geskil en in dun skyfies gesny (ek gebruik Nicola Medium Potatoes)
•60 ml laevet-cheddarkaas, gerasper
•60 ml parmesaankaas, gerasper
•gekapte pietersielie om bo-oor te sprinkel
Verhit oond tot 170°C.

Vla
Klits eiers, melk en meel saam. Geur met sout, peper en neutmuskaat. Hou eenkant.

Vulsel
Verhit 5 ml olyfolie in ’n braaipan en braai ui tot sag en deurskynend. Voeg spek by en braai tot gaar. Skep uit en hou eenkant. Verhit dieselfde braaipan en voeg res van olie by. Braai aartappelskyfies tot alkant net ligbruin. Skep aartappels in ’n 30 cm-tertbak. Geur met sout en peper en bedek met kleefplastiek. Steek ’n paar gaatjies in die plastiek en verhit die bak vir 4 minute in mikrogolfoond tot die aartappels sag is. Sprinkel ui-enspekmengsel oor die aartappels, gevolg deur die kaas. Gooi die eiermengsel bo-oor en bak in warm oond vir sowat 30 minute of tot gestol. Garneer met die gekapte pietersielie. Heerlik saam met slaai.