Thursday 1 August 2013

Piesang Yskastert




Ria Posthumus
More almal. Gister sien ek een van die trosse piesangs wat afgesny is word vinniger ryp as wat dit verorber gaan word en ek besluit ek gaan gou 'n yskastert maak. En dis wat ek toe gedoen het.
1 pakkie pynappel jelly - opgelos - sit in yskas en laat dit afkoel maar nie heeltemal stol nie.
1 blikkie kondensmelk - meng in 'n ander bak met bietjie suurlemoensap sodat dit dikkerig word.
Vla - maak 'n lekker dik vla aan en laat afkoel.
'n hele paar piesangs in ringe gesny (skille af natuurlik) - gooi 'n bietjie suurlemoensap oor sodat dit nie verkleur nie en dan so 'n hand vol suiker en meng dit sodat die suiker aan al die piesangskywe vassit.
Nou gooi jy die piesangs in 'n kastrol en skakel jou stoof aan oor 'n lae hitte en laat die piesangs gaar kook. MOENIE water bygooi nie en moenie dit te veel roer dat dit pap word nie. Sodra dit goed gaar is, laat dit afkoel. Dit gaan so 'n duk stropie by he.

Klits jou jelly dat dit soos skuim word en voeg dan jou afgekoelde piesangs by.
Nou begin jy dit in lae pak. Eers tennisbeskuitjies, dan die jelly-piesang mengsel, weer tennisbeskuitjies dan die vla en weer tennisbeskuitjies en dan die suurlemoenkondensmelk bo op en laaste sprinkel jy nou maar enige ietsie bo op vir die mooi lyk ,.. Plaas dit in jou yskas en geniet dit.