Thursday 1 August 2013

KOEMKWATKONFYT




KOEMKWATKONFYT
1. Weeg die hoeveelheid koemkwats af en sny 'n kruisie aan die onderkant van elk. Voeg net genoeg water by om die koemkwats te bedek. Verhit dit tot kookpunt en kook dit so sag dat 'n vuurhoutjie maklik deur die skil gedruk kan word. 2. Weeg net soveel wit suiker af as die koemkwats geweeg het. Voeg die suiker by die vruggies asook die sap van een suurlemoen vir elke 1 kg koemwats wat gekook word. 3. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin gereeld om die suiker te laat oplos. Kook die koemkwats oor matige hitte en begin die stroopdikte ná 'n halfuur toets. Skep 'n bietjie stroop op 'n koue piering. Laat dit afkoel en stoot dit met die voorvinger. As dit rimpels vorm, is dit dik genoeg. Die vruggies moet helder vertoon en deurgekonfyt wees. 4. Skep die pitte wat uitgekook het en die skuim af. Bottel die konfyt warm en verseël dit dadelik.