Monday 26 August 2013

Maak jou eie kondensmelk

Ronel Maree du Plessis

2L volroom melk, 5k suiker, knippie sout en knippie kremetart. Bring tot op kookpunt. Hou aan kook - sonder om baie te roer, so dit moet in 'n lekker diep pot wees en ook nie hoë temperatuur nie. Kook tot dit dikkerig soos kondensmelk begin lyk. Gooi in gesteriliseerde bottels. En voila!!! Lekker kondensmelk. ( ek moeet ook net noem. Dit kook redelik lank, so geduld is die wgwoord!) Geniet!!


Alida van der Linde

TUISGEMAAKTE KONDENSMELK

Bestandele:

1.25 liter melk
2ml koeksoda
500g suiker
3ml sout

Voeg alle bestanddele bymekaar en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Kook stadig totdat die melk soos dik room begin lyk. Moenie roer nie, tensy melk wil oorkook. Gooi in flesse wat gesteriliseer is en plaas vir 15 minute in voorverhitte oond van 120C. Skroef daarna dadelik toe....Hierdie een was ook op bakkiesboek.