Monday 26 August 2013

Ria se boksie meubels


Ria Posthumus
More almal. Hoop julle is veilig en het lekker gerus oor die naweek. Ons het weer baie gelag hier op In en om die huis... Mense hier is unieke mensies op hierdie aarde en dis werklik 'n voorreg om van hulle op hierdie blad te ontmoet. Soos belowe verlede week gaan ek gou 'n prentjie plaas van wat julle met vuurhoutjie boxies, sigaret boxies en ag sommer enige boxie kan maak. Gebruik net jou verbeelding en speel met die goed. Juille het net lee boxies nodig, stukkies lap of oorskiet verf, gom en 'n bietjie tyd... So kan julle goedjies maak vir die kleinkinners en veral as Kersgeskenkies vir kinderrtjies by weeshuise ens... Dis groot pret en kos jou so te se niks!