Tuesday 27 August 2013

LOPERIGE PEPPERMENT-EN-GEMMERPOEDING





LOPERIGE PEPPERMENT-EN-GEMMERPOEDING

 

Baktyd: 10 minute
Genoeg vir 6 mense

 150 g kruisementgeur donker sjokolade, grof gekap
 20 g botter
 4 eiers, geskei
 10 ml (2 t) fyngedrukte gemmer
 10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
 125 ml (½ k) suiker
 15 ml (1 e) meel
 vla vir opdiening

 Voorverhit die oond tot 180 ⁰C. Smeer 6 vorms liggies.

 Smelt die sjokolade en botter in ’n bak oor pruttende water oor lae hitte en sit dan eenkant om af te koel.

 Klits die eiergele by die sjokolademengsel in en dan die gemmer, vanielje en suiker. Vou die meel in.

 Klits die eierwitte tot sagte punte vorm.

 Vou hulle by die eier-en-sjokolademengsel in en giet hulle in die gesmeerde vorms.

 Vries vir 1 uur.

 Bak 10 minute of tot effens gerys, maar steeds loperig in die middel.

 Sit voor met vla.