Tuesday, 27 August 2013

Hoenderkasserol met groente

 
 
 
Hoenderkasserol met groente
Ongeveer 125 ml olyfolie
3 groot uie, fyn gekap
8 knoffelhuisies, fyn gedruk
Fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
15 ml fyn koljander
10 ml paprika
10 ml komyn
5 ml fyn gemmer
2 ml rooipeper

60 ml gekapte, vars pietersielie
60 ml gekapte, vars kruisement
6 hoenderborsies, sonder vel of been, in kleiner stukkies gesny
Sout en peper na smaak
1 liter hoenderaftreksel
2 soetpatats, geskrop en in skywe gesny
5 groot wortels, geskraap en in stukke gesny
Verhit 60 ml van die olie en braai uie daarin tot sag. Voeg knoffel, suurlemoenskil, koljander, paprika, komyn, gemmer, rooipeper, pietersielie en kruisement by en braai vir sowat 5 minute. Skep alles uit en hou eenkant. Verhit 30 ml van die oorblywende olie in dieselfde pot. Geur hoenderstukkies met sout en peper en braai in pot tot bruin. Voeg aftreksel, uiemengsel, patats en wortels by. Bedek en prut vir 15 minute. Haal deksel af en prut nóg 10-15 minute tot die groente sag en gaar is. Geur en sit voor op koeskoes. Genoeg vir ses mense