Wednesday 28 August 2013

Gebakte eiers met aartappelskyfies




Gebakte eiers met aartappelskyfies

•15 g (15 ml) botter...
•1 eier
•sout en varsgemaalde swartpeper

1.Smelt botter in ’n pan. Die stoofplaat moet op matige hitte wees.
2.Kraak die eierdop versigtig teen die pan se rand en breek die eier oop oor die pan.

3.Wanneer die eierwit begin stol, skep van die gesmelte botter veral oor die geel.
4. Maak pan toe met ’n deksel. Só word die eierwit gaar, maar die geel is nog sag. Geur met sout en peper. Lig eier versigtig uit met eierspaan en sit voor saam met gebraaide spek en tamaties.

(8 klein porsies)
•1 kg pak bevrore aartappelskyfies
•750 ml sonneblomolie
•sout na smaak
•250 ml romerige mayonnaise, om voor te sit

Verhit die olie in ’n kastrol. Gooi een aartappelskyfie in die warm olie en as dit onmiddellik begin braai, is jou olie reg. Gooi nou al die aartappelskyfies (bevrore) in die olie. Dit sal dadelik afkoel, dis reg so. Los dit net so – moenie roer nie, jy sal die skyfies breek. Die skyfies sal stadig begin braai. Wanneer hulle bros word, kan jy hulle ’n ligte roer gee. Dreineer op kombuispapier en sit gesout voor