Wednesday 28 August 2013

Idees met hoenderborsies




Dianne Ten Haaf 

ek maak gewoonlik Hoender quiche van 'n resep wat ek op die blad gekry het. Braai uie, kruie en garlic, bacon, mushroom, greenpepper en hoenderstukkies tot bruin en gooi broccoli wat opgesny is by. Maak 'n witsous en meng deur hoender mengsel. Gooi in pastei pan/pirex bak wat uitgevoer is met puff pastry en sprinkle kaas bo-oor. Bak op 180 grade vir 'n halfuur of tot jy sien kaas raak bruin

Cheryl Vosloo

hier is 'n wenk........as jy weer iets aan brand en nie lus het vir skrop........ Gooi kook water in die pot, net genoeg om die brandsel te bedek, en sprinkel skottelgoedwasser seep daaroor. Laat staan oornag. Dit kom mooi skoon sonder te veel moeite!


Ria Posthumus

... Julle gaan nou vir my lag!!! maar dis so waar soos njannies. Wie ken daai karavaan slinger om die smoel wasmasjientjie??? Wel kom ek vertel julle nou 'n anderste ding waarvoor hy goed is! Sappige hoenderstukke.. hie hie.... Ja ek weet dit klink of ek nou weer die bure se boomblare gerook het, maar rerig... Ek het spesiaal vir my een gaan koop. Kom eendag by 'n slaghuis op George en koop hoenderstukke.. onderandere is daar toe borsies ook in.. Ons braai die aand... en mense.. amper gaan haal ek uit almal se borde daai hoenderstukke wat ek gekoop het..Dit was sooooo sag en sappig!!!.. Die week daarop toe is ek terug by daai slaghuis en vra daai oom vir nog en sommer so in die loop hoe kry hy die borsies so sappig en sag... en hy se hy gaan my liewer wys.. En daar staan die 'concrete mixertjie' toe... en ek besluit net daar.. ek gaan vir my ook een koop.
Dan maak jy so... jy druk met 'n vurk so hier en daar in die vleis 'n paar gaatjies... en jy maak vir jou 'n lekker marinade aan van jou keuse en saam met daai keuse gooi jy ALTYD 'n 500ml gewone plein jogurt by. en jy gooi daai lot en die hoenderstukke in daai wasmatjientjie en jy draai die slinger die kant toe en daai kant toe net soos jy sal maak as jy wasgoed was by die kampery... haal uit en sit in jou bak vir more aand se braai of verpak en vries maar suig die lug uit.. Ek maak altyd so... sommer met ontbeende borsies ook en dan moet ek net die pan dophou en nie aanneuk soos nou die aand toe ek die lemoenskille wou versuiker nie... Ai toggie!!! ek het vandag eers die moed gehad om daai swart gebrande pot skoon te maak want my hart was seer ook ek nou so mooi gesny het en toe vergeet het ek het dit ALWEER op die gasstofie probeer doen! Leer ook nooit nie... Eers gebrande gebarste gekookte eiers... nou die damn lemoenskille!