Wednesday 28 August 2013

Cupcake Idees

 
 

Ria Posthumus

hier is die een wat ek elke slag maak...
1/ 2 koppie margarien
3/4 koppie suiker
1/4 teelepel sout
1 +3/4 koppie koekmeel
2 eiers
2 teelepeltjies bakpoeier
1/4 tot 1/2 koppie melk

1 teelepeltjie vanilla geursel
Room jou margarien en suiker
Voeg eiers een vir een by terwyl jou menger nog loop
voeg nou vanilla by
sif jou drooe bestandele en voeg dit by
Voeg nou die melk bietjie vir bietjie by tot jou deeg soos plaatkoekies se deeg is.. Skep dit in jou cupcake papier goetertjies en bak dit in 'n oond van so 180 grade vir 10 toe 15 minute. Toets maar met tannestokkie

Versiersuiker: 500 gram WIT margarien... 1kg versiersuiker.... geursel..... en 'n bietjie roompies. Klits die margarien tot dit lekker lig is... voeg nou jou versiersuiker en geursel by Deel die mengsel op as jy verskillende kleure gaan gebruik... In 'n ander bakkie klits jy die room ook styf en vou dit by jou versiersuiker mengsel by... As dit te veel is, plaas dit in 'n bak met 'n deksel in die yskas en bak die volgende dag nog 'n koek

Sonja McDowall

My beste cupcakes - Chocolate Banana Cupcakes

450g koekmeel, 30g Kakao, 2 t bakpoeier, 2 t baking soda , 60ml melk, 225g botter, 440g suiker, 2 eiers, 400g oorryp piesangs (fyngemaak), 2 t vanilla essence.
Voorverhit oond op 150 grade Celcius. Prep 2, 12 muffin tins met cupcake papiertjies. Sif die meel, kakao en bakpoeier saam. Los die soda in die melk op. Room die botter en suiker tot lig. Voeg nou die eiers by een op n slag en meng goed na elke een bygevoeg is. Klits nou die gesifte meel, kakao en bakpoeier by. Dan die fyngemaakte piesangs, vanilla en melk. Skep die mengsel eweredig in die cupcake papiertjies en bak vir 25 minute. Laat afkoel vir 5 minute voordat dit uit die pannetjies gehaal word. Baie yummy en lekker. Die cupcakes kan gevries word en wanneer dit ontvries word hou dit vars vir amper n hele week.

Chocolate Frosting: 250g sagte botter, 500g icing sugar, 2/3 koppie kakao, 125ml melk, 2 t vanilla essence. Klits die botter met n elektriese menger totdat dit goed sag is. Voeg helfte van die icing suiker by, helfte van die kakao en helfte van die melk. (Dit hoef nie afgemeet te word nie, skat sommer net so omtrent). Meng totdat dit lig en fluffy is. Skraap die bak en die bodem en voeg dan die res van die bestandele by totdat dit baie lig en glad is. As dit nog n bietjie styf is voeg nog n bietjie melk by. Moet nooit die cupcakes met icing vries nie. 

Dianne Ten Haaf

hier is 'n vanilla sponskoek resep, kom ook baie lekker uit in cupcakes: 3 eiers geskei, 1 koppie strooisuiker, 5ml vanilla essence, 60ml kookolie, 125ml louwarm water, 10ml bakpoeier, 1 koppie meel. Klits jou eiergele met strooisuiker en vanilla, gooi jou kookolie by en direk daarna warm water, sif bakpoeier en meel en klits by. Geheim is om heeltyd te klits en meel en bakpoeier bietjies op 'n slag by te klits. Klits jou eierwitte styf en voeg by. Bak op 180 grade vir so 10-15 min. Ek het fanforced so ek bak op 160 grade vir bietjie langer. As jy dit as koek wil gebruik bak op 180 grade vir 30 min, jy kan ook verdubbel vir plaatkoek bak dan vir 'n uur. Hier is ook 'n baie lekker frosting resep kom soos marshmallow smaak uit, jy kan ook soos ek maak, dit pienk kleur met voedselkleursel en 'n doppie strawberry essence bygooi Gooi 1 koppie suiker, 1/3 koppie water en 1/4 telepel cream of tartar in 'n potjie en sit op lae hitte op stoof. Roer gedurig tot jy sien suiker los op en die stroop raak deurskynend. Klits jou eierwitte styf. Gooi dan die warm stroop baie stadig bietjies bietjies by eierwitte terwyl jy klits. Moet net nie stroop te vining op een slag bygooi anders gaan jou eierwitte gaar word. Jy kan dan 5ml vanilla of strawberry essence bygooi. Banana essence is ook lekker. Of jy kan gewone buttercream icing maak en strawberry of banana essence bygooi

as jy wil choc cupcakes maak, gebruik dieselfde resep, meng net 60ml cocoa met jou warm water voor jy dit byvoeg

Johannita Holtzhausen

Baie vinnige en lekker cupcake resep, ek gebruik die een al vir jare!! 
150g Butter - softened
150g superfine castor sugar
175g self-raising flour
3 eggs
1 tsp vanilla extract

Method:
1. Pre-heat the oven to 180oC
2. Line a 12 cup cake pan, with cup cake papers.
3. Crack the eggs into a cup and beat lightly with a fork.
4. Place all the ingredients in a large bowl.
5. Beat with an electric mixer for 2 minutes, until light and creamy.
6. Divide the mixture evenly between the cake cases.
7. Bake for 18-20 minutes until risen and firm to touch.
8. Allow to cool for a few minutes and then transfer to a wire rack.
9. Allow to cool fully before icing. Vir Chocolate cupcakes voeg 2 Eetlepels cocoa by mengsel


Icing: 150g Butter - softened
250g confectioners (icing) sugar
2 tsp very hot water (soms los ek die uit of raai raai so as jy moet byvoeg of nie)
Method:
1. Beat together the butter and sugar with an electric beater.
2. Once well combined, add water. Beat until smooth and creamy. Vir choc icing voeg 2 eetlepels kakao by