Friday 30 August 2013

Gevulde vetkoek




Gevulde vetkoek
(sowat 10 - 12 vetkoeke)

•250 g koekmeel
•10 ml bakpoeier
•15 ml suiker
•2 eiers, geklits
•125 ml water
•2 ml sout
•olie, om in te braai
•6 hardgekookte eiers
•een pak van sowat 500 g dun beeswors, gaar

Sif die meel en bakpoeier saam en voeg die suiker by. Meng die eiers met die water en voeg die sout daarby. Voeg hierdie mengsel by die droë bestanddele en knie tot jy ’n gladde deeg het. Verhit genoeg olie vir vlak- of diepbraai in ’n pan. Die olie moet warm wees, maar nie op rookpunt nie. As jy gewone vetkoek wil maak, sit jy ’n deegbal in die olie, braai tot goudbruin aan albei kante en dreineer. As jy gevulde vetkoek wil maak, moet jy ’n eier en/of ’n stukkie wors in deeg toedraai en dit dan diepbraai.