Monday 26 August 2013

Consol Bottel met handeseep



Naomi le Roux
Maak 'n gat in die Consol deksel met 'n staalboor so groot soos die nek van die pomp en sit die afgesnyde plastiekbottelkop van onder af deur die plaatdeksel skyf en lym dit vas met warm lym. Laat droog word en skroef die pompie op die deksel vas soos op foto. Nou kan jy dit op jou Consol glasbottel met ring vasskroef en jy het 'n lekker stewige handewas toestel in die badkamer.
 
 
 
 

Sny nou die plastiek bottel se kop af 'n entjie onder die nek...laat dit soos die tweede foto lyk.
 
 
Gebruik hierdie soort bottel met die dik stewige strooitjie en afdruk knoppie vir die Consol bottel se deksel.