Monday 26 August 2013

Brei 'n teddie




Ansie Coetser Néé Kruger

Begin by die een been en stel 15 steke op. Brei 30 rye regs. Knip wol af en hou steke op breipen. Stel weer 15 steke met dieselfde breipen op vir die tweede been. Brei 30 rye regs. Brei nou 30 rye oor al 30 steke (dus albei bene) verder om die lyf te vorm. Stel 15 steke aan begin van volgende 2 rye op vir arms.

Altesame is daar nou 60 steke. Brei 15 rye en heg dan 15 steke aan begin van volgende 2 rye af om arms te voltooi. Brei 30 rye vir kop oor orige 30 steke. Heg af.

Brei twee sulke dele en werk hulle aanmekaar. Laat die kop se borand oop sodat jy die beertjie kan opstop en werk die opening toe.

Werk voorstekies oor kop se twee hoeke om ore te vorm. Werk knope aan as oë en borduur neus en bek. Strik 'n lint taamlik styf om teddie se nek sodat die nek intrek en 'n mooier vorm aan die kop gee.

Met dik wol sal julle groot bere brei, en met dun wol klein, snoesige beertjies.
Party sal vet en rond gestop wees, en ander maer met vietse lyfies.
Ontwerp jou eie gesiggie: glimlag-mondjies, nors bekkies, groot of klein oë of wimpers.
Jy kan enige dikte wol gebruik met penne wat by die wol pas.