Monday 26 August 2013

Idees met piesangs

 
 
Dianne Ten Haaf
 
Sny 'n piesang kepies in druk Cadbury gewone blokkie choc in draai in foelie toe en sit op die kole vir nagereg na braai

Ria Posthumus

Maak sommer hierdie Piesangkoek ook vir die naweek  ... Dis baie baie lekker.
1/2 koppie botter (of goeie margarien)
1/2 koppie suiker
1/2 teelepel koeksoda
1/2 teelepel bakpoeier
1/4 teelepel sout
2 geklitste eiers (onthou wit en geel appart - ALTYD want dit maak jou koek ligter)
2 koppies koekmeel
1 teelepel vanilla geursel
1 koppie fyngemaakte piesangs
1/2 koppie melk
Nou maak jy so
klits die eier witte tot dit redelik styf..
Klits eier geel met suiker tot dit lig en romerig is
Voeg nou die piesangs, melk en geursel by
Roer alles goed deur
Voeg nou al die drooe bestandele by en meng goed (nie met n klitser nie hoor.)
Vou jou eier witte in en meng goed
Bak in 'n voorafverhitte oond van180 grade vir so 20 tot 30 minute.
Ek gebruik dieselfde versiering wat 'n wortelkoek op kry... dis njammies verby!


Cobie Gagiano

Doop dit in sjokolade op n roomys stokkie. Braai in bietjie olie saam met ontbytkos.

Dianne Ten Haaf

Sny piesang in helfde en druk roomys stokkie in, rol in jogurt en dan in klapper of choc en sit in die vrieskas, sien die kiwi's maak so, het dit wel nog nie self prober nie

Marie le Roux

Konfyt

1kg pieangs. (Gesny)
750 ml suiker
1 eetlp suurlemoensap

Gooi als in diep (3liter) mikroogolf bak. Kook op hoog vir 22 minute. Roer aanmekaar. So elke 3 minute omtrent.